By die Begin

Jou Pa se Musiek
Welkom by Bloekom Brandt Band
‘n Alternatiewe Afrikaans Band wat ‘Jou Pa Se Musiek’ Nuwe Lewe Gee
BLOEKOM BRANDT BAND is ’n alternatiewe Afrikaans band wat musiek maak oor goed wat regtig saak maak: liefde, verlies, vriende, en Suid-Afrikaanse mites en legendes. Dis nie mooi-weer musiek nie. Dis eerlik, dis rou en dis lekker.
Ons wil terug in tyd gaan na die goeie oudae, maar ons wil nie daar vassit nie. Daarom wil ons daardie oomblikke terugbring na die hede, om nuwe herinneringe te bou op die wortels van gister.
Ons speel wat ons wil hoor en ons skryf wat ons wil sê. As jy hou van musiek wat jou laat voel, jou laat onthou, en lirieke wat iets beteken, dan’s jy op die reg plek.
Dis Nie Net Oor Die Musiek Nie…
Dis die stories wat ons vertel, die emosies wat ons ontmasker met ons kitaare, en die herinneringe wat ons ontbloot met die drums. Elke show is vir ons ’n nuwe avontuur – en die gehoor is ons toergids. Ons is ’n alternatiewe Afrikaans band want dis wat ons doen en wie ons is. Tussen ons drie lede is daar klanke en stories wat strek van die plaas, na die see, en weer terug na die stad – en alles tussenin. Ons wil hê almal wat luister moet welkom voel, en gemaklik wees om vir daai oomblik net hulself te wees.
Van Die Begin Tot Nou
Luister Self
Ons wil die alternatiewe Afrikaans band wees wat jou musiekgees wakker maak en jou herinner hoe dit voel om mens te wees. Vergeet vir ’n rukkie van dit wat jou pla – en luister op na ons nuutste enkelsnit “Ontspan“ of kyk ons musiekvideo “Vrede, Vreugde en Vryheid“ – vol van ons eie herinneringe.
Groete,
Bloekom Brandt Band – Jou Pa se Musiek
P.S. Ons nooi jou hartlik uit om verder te lees oor ons begin, drome, ideale, toekoms en verlede:




